Wat sal jou kombuis sonder ’n yskas wees? En om te dink daar was ’n tyd toe yskaste nie bestaan het nie.
Wat moet buite die yskas bly?
Eiers – In supermarkte koop jy eiers van die winkelrak en nie uit ’n yskas nie. Jy kan jou eiers by die huis vir week uit die yskas hou as dit glad nie voorheen in die yskas was nie. As eiers eers in die yskas was, kan jy dit vir 1 dag buite die yskas hou.
Tamaties – Hou jou vars tamaties buite die yskas. Dit smaak lekkerder en word gouer ryp. Tamaties wat in die yskas gehou word voordat dit heeltemal ryp is, gaan baie waterig smaak.
Vir nog goed wat buite die yskas moet bly klik hier.
Wat moet binne die yskas bly?
Uie – ’n Lekker wenk om te keer dat die trane spat wanneer jy uie sny of fynkap is om jou uie in die yskas te hou. Wanneer jy ’n koue ui fynkap, keer dit die trane.
Gebottelde eetgoed – Oopgemaakte flessies met kos soos olywe, agurkies en konfyt beland dikwels agter in die yskas sodat jy daarvan vergeet en nie meer weet wanneer jy dit oopgemaak het nie. Hou ’n viltpen met permanente ink in jou kombuis en skryf op die deksel wanneer jy die bottel oopgemaak het.
Lees nou
Ontbytpastei vir ’n gatskop-dag
The post Yskas-wenke appeared first on SARIE.