Quantcast
Channel: Barbara Joubert – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 67

Pretoria eet pasta en gee om

$
0
0

Die 50ste herdenking van die Amatriciana Spaghetti-fees sou hierdie week in die Amatrice gehou word. Maar dié Italiaanse dorpie is Woensdag deur ’n kragtige aardbewing verwoes.

Na-skokke, wat 4.8 geregistreer het op die Richter-skaal, het vanoggend verdere skade aangerig. Die Italiaanse regering het ’n noodtoestand afgekondig, met die voorlopige dodetal wat reeds op 267 staan.

600 sjefs van oor die wêreld, onder andere Jamie OIiver, wil nou ’n verskil maak, berig Fortune. Amatrice is bekend vir die pastagereg all’amatriciana, met ’n sous van varkwang en tamatiesous. As deel van ’n veldtog sal sjefs dié gereg op hul spyskaarte byvoeg en €2 (sowat R32) van elke bestelling aan die Rooi Kruis skenk.

Hi guys in support of the victims of the earthquake in Italy me and my 700 chefs at Jamie’s Italian are cooking the specific dish from the area “Pasta Amatriciana” it will be on the specials board tonight at @jamiesitalianuk for a month £2 pound from each dish will go straight to the international red cross and I think we can easily make thousands and thousands of pounds to help…. Many restaurants are getting involved and this could really make a difference, money will go to supporting to Fire Fighters in the digging set up of tent camps for homeless and provision of food and clothing and medical assistance to people injured, old, kids, pregnant. Sadly this activity will run for months to come as it will take time to relocate people in new accomodations. But we can support for the same time – every bit of help will count big love to all and big love from me and my teams to our Friends in Italy we love you #eatforitaly @elbi #terremotocentroitalia #every1counts

A photo posted by Jamie Oliver (@jamieoliver) on

Op eie bodem is dit presies wat Fortunato Mazzone, eienaar van die restaurant Ritrovo in Pretoria, gaan doen. Hy het al ’n paar keer die streek besoek en sy hart gaan uit na die mense.

“Ons wil graag die wonderlike voorbeeld volg en ons deel doen,” sê Fortunato. By Ritrovo sal hulle vir die volgende twee weke dié gereg voorsit en vir elke bord wat verkoop word, sal hulle R50 skenk aan die Italiaanse Rooi Kruis. ’n Tjek vir die finale bedrag sal oorhandig word aan die Italiaanse ambassadeur, Pietro Giovanni Donnici.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Besoek gerus Ritrovo, een van Gauteng se gewildste Italiaanse eetplekke, om hierdie veldtog te ondersteun. Neem jou vriende, familie en geliefdes vir ’n feesmaal wat ’n verskil kan maak in iemand se lewe.

Wat kan jy verwag?

Brosgebraaide pancetta of guanciale (varkwang), vars rissies, uie, tamatie en basiliekruid voorgsit met hande vol geurige pecorino-kaas op bucatini. Bucatini is byna soos spaghetti, maar dis dikker en die pasta is hol van binne.

Lees nou

Pieter-Dirk se 10 lewensreëls

Donkies verdien beter!

The post Pretoria eet pasta en gee om appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 67