Dit is ’n gewilde Suid-Afrikaanse sous wat jy saam met jou steak of hamburger kan geniet. Die woordeboeke noem dit kruiderysous, maar almal ken die gewilde sous as monkey gland.
Maak jou eie monkey gland-sous met hierdie maklike stappe! Jy kan dit tot twee weke geniet, maar dit moet in die yskas gebêre word.
Bestanddele
• 1 ui
• 15 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 125 ml water
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
• 250 ml tamatiesous
• 125 ml worcestersous
• 200 ml blatjang
• 70 g (90 ml) suiker
• 30 ml wit asyn
• 5 ml Tabasco-sous
Metode
Stap 1. Kap ui baie fyn.
Stap 2. Verhit olyfolie in kastrol en voeg gekapte ui en knoffel by. Braai oor lae hitte tot sag en deurskynend.
Stap 3. Voeg res van bestanddele by gebraaide ui-mengsel. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte.
Stap 4. Laat prut oop vir 1½ – 2 uur. Roer nou en dan om seker te maak dit brand nie vas onder nie. Laat afkoel.
Maak jou eie tamatiesous
Maak hierdie tamatiesous met oortollige tamaties uit jou tuin. Dit smaak vars en dis lekker lig – kry die resep hier.
Lees nou
Spaghetti met tamatiesous en swart olywe
Radys-en-perskool-karringmelksous- slaai
The post Maak jou eie monkey gland-sous appeared first on SARIE.