Wat eet ’n wenner? Wayde van Niekerk se gunsteling-kos is dié wat sy ma maak, maar hy het al in onderhoude gesê vleis is sy nommereen-keuse.
As ek vandag vir hierdie goue atleet ’n ete kon kook, sou dit beslis dié gereg wees.
Bruinbredie met lam, uie en aartappels
En wat van Bolt?
Vanjaar het Usain Bolt net weer bewys dat hy, soos onse Wayde, ’n supermasjien op die atletiekbaan is. Met sy lang bene en reuse-treë hardloop Usain toe sowaar in drie agtereenvolgende Olimpiese Spele met die 100 m-goud weg!
Het jy geweet?
Tydens die 2008-Spele in die Chinese hoofstad Beijing het Usain 1 000 hoender-McNuggets in 10 dae geëet! Hy het begin met ’n boks van 20 nuggets per dag. Kort daarna was dit 100 nuggets per dag – twee bokse vir ontbyt, nog ’n boks vir middagete en nog ’n paar vir aandete, saam met tjips en appeltert. Chinese kos het hom duidelik nie aangestaan nie. Deesdae eet hy glo baie meer groente.
As jy self nou lus is vir hoender-nuggets, het ons die lekkerste resep wat Usain se goedkeuring sal wegdra! Klik HIER vir die resep.
Lees nou
Dís wat Usain vir Wayde gesê het
The post ‘Dít sal ek vir Wayde kook’ – Barbara appeared first on SARIE.