Sjefs en foodies se inspirasie kom van nature in en uit die kombuis. Maar het jy geweet dis dikwels ook die inspirasie vir die naam van hul geliefde troeteldiere?
Hierdie foodies en bekendes het almal hul troeteldier ’n naam gegee wat kosverwant is. En kyk net hoe kos(te)lik lyk hulle.
Barbara Joubert, SARIE KOS redakteur, sê: “My oudste dogter, Nina, se worshond word Basil genoem. Sy sê wanneer sy haar tweede hondjie kry, gaan sy dit Pesto noem. My dogter Anya se worshondjie word Knoffel genoem.”
Herman Lensing, SARIE kosredakteur, se twee honde heet Vanilla en Truffle. Vanilla, die labrador, het model gespeel in SARIE Karamel!
Errieda du Toit, kosskrywer, noem haar die fluweelbruin Labrador wat geensins ’n afknoppie het as dit by eet kom nie Tjoklit.
Hulle het ook die hond Poerring. “Wat sy naam gekry het oor hy so so goudbruin soos sticky toffiepoeding was toe hy klein was. Met sy kwylery het hy nou die bynaam Souskluitjies.“
Sjef Bertus Basson het 3 honde, Patat, Snoek en Bone, en ’n varkie, Spek. Hy het al geskerts as sy diere almal kosname het, wonder hy wat hy eendag sy kinders gaan noem.
Ander bekendes en hul diere:
Adam Sandler se bulhond Meatball was selfs sy strooijonker by sy troue in 2003. Meatball is intussen oorlede en meer as 100 mense het sy begrafnis bygewoon.
Fergie en Josh Duhamel se worshond word Meatloaf genoem.
Kelly Osbourne se blonde pommer heet Polly, maar sy het voorheen ’n swartetjie gehad met die naam Noodles.
#Polly is quite the jet setter. so excited to finally be in #NYC for the summer @projectrunwayjunior here we come!!!! A photo posted by Kelly Osbourne (@kellyosbourne) on
Hugh Jackman se Mocha, ’n Franse bulhond, is genoem na die gewilde koffie.
Lees nou
FOTO’S: Nadia Beukes se bruidstee
Riller: Kolle op Michael Phelps se lyf
The post Bekendes se kos(te)like troeteldiere appeared first on SARIE.