Sy is ’n rocker, ’n president, ’n ma en iemand waarop Suid-Afrika trots kan wees. Karen Zoid sal ook nie sommer haar kabinet en ministers rondskommel nie. O nee, sy weet wat sy doen! Hier’s ’n grênd pizza spesiaal vir daardie laataand-vergaderings met jou ministers.
Genoeg vir 1 pizza
• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• 50 g bloukaas, gekrummel
• sowat 40 ml gekaramelliseerde uie
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om oor te sprinkel
• hand vol vars roket
Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Sprinkel bloukaas oor en skep uie bo-op. Geur met swartpeper en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en sprinkel vars roket bo-op.
Soek jy nog ’n afrigter se pizza? Hier’s die resepte!
The post #PizzaKaren: Bloukaas en gekaramelliseerde uie pizza appeared first on SARIE.