Sjokolade is medisyne vir die siel. Warm poeding is hartskos. Kombineer jy die twee, het jy ’n wenner! Die Bar-Ones is die groot geheim.
genoeg vir 5
• 3 groot eiers
• 250 ml sonneblomolie
• 250 ml sterk swart koffie
• 1 boks sjokoladekoekmengsel
• 2 x 100 g-Bar-Ones
Sous
• 250 ml kookwater
• 30 ml kakao
• 60 ml suiker
1. Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n elektriese menger en breek die eiers in die bak. Voeg die olie by en klits teen ’n hoë spoed vir 10 minute. Voeg die koffie by en klits vir 5 minute.

Stap 1
2. Voeg die pakkie koekmengsel by die eiermengsel en meng goed.

Stap 2
3. Sny die sjokolade in stukke en voeg by. Meng deur. Verdeel mengsel tussen 5 gesmeerde emaljebekers (250 ml elk). Plaas bekers op ’n bakplaat. Bak vir 50 minute. Druk ’n dun pennetjie in die poedings om te toets of dit gaar is.

Stap 3
4. Plaas bestanddele vir sous in kastrol. Kook vir 5 minute oor lae hitte. Gooi sous oor warm poedings.

Stap 4
The post Jou nommer 1-sjokoladepoeding appeared first on SARIE.