Geblikte pynappel is nie net vir pizza nie. Dis heerlik saam met hoender in ’n quesadilla. Ons wys jou hoe maklik en vinnig jy dié lekkerny kan maak.
genoeg vir 3 quesadillas
• 30 ml olyfolie
• 10 ontbeende hoenderdye, in repe gesny
• sap van halwe suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 10 ml gekapte groen brandrissie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 300 g cheddarkaas
• 1 x 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer
• 6 tortillas
Stap 1. Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg hoenderstukke by en braai tot bruin. Voeg suurlemoensap, knoffel en rissie by en braai nog so 10 minute. Geur met sout en peper.

Stap 1
Stap 2. Plaas ’n tortilla op ’n werkoppervlak en sprinkel kaas bo-op. Skep van die hoender op.

Stap 2
Stap 3. Rangskik pynappelstukke bo-op en sprinkel nog kaas oor. Maak toe met nog ’n tortilla om ’n quesadilla te vorm.

Stap 3
Stap 4. Verhit ’n kleefvrye pan. Die stoofplaat moenie warm wees nie, want dan sal die tortilla brand voor die kaas smelt. Plaas een quesadilla in pan. Druk effens plat met ’n eierspaan. Wanneer die kaas gesmelt is, draai versigtig om en braai aan die ander kant. Haal uit en hou eenkant warm. Braai res van die quesadillas. Sny elkeen in 4 en sit warm voor.

Stap 4
The post Vinnige aandete met hoender-en-pynappel-quesadillas (stap vir stap) appeared first on SARIE.