Verhit 200ml volroommelk in ʼn kastrol tot net voor kookpunt. Klits tot melk tot ʼn lekker skuim vorm. Gooi in glas. Gooi 50ml espresso-koffie by net voor jy die latte drink.
The post CAFFÈ LATTE appeared first on SARIE.
Verhit 200ml volroommelk in ʼn kastrol tot net voor kookpunt. Klits tot melk tot ʼn lekker skuim vorm. Gooi in glas. Gooi 50ml espresso-koffie by net voor jy die latte drink.
The post CAFFÈ LATTE appeared first on SARIE.
Plaas 15ml kakao, 15ml suiker en 30ml melk in ʼn kastrol. Klits terwyl dit verhit tot net voor kookpunt. Gooi 250ml warm swart koffie in ʼn glas of beker en gooi die kakaomelk bo-op. Sit warm voor
The post Cafè Mocha appeared first on SARIE.
Maak ʼn rooibostee-cappuccino volgens aanwysings op pak. Bring 100ml melk tot kookpunt in kastrol en klits tot skuim vorm. Skep skuim bo-op cappuccino en sit dadelik voor.
The post Rooibostee-espresso-cappuccino appeared first on SARIE.
Jy ken dié poeding ook as sticky toffee pudding. Dis ’n absolute wenner.
4 – 6 Porsies
• 100 g (80 ml) bruinsuiker
• 175 g (300 ml) bruismeel
• 125 ml melk
• 1 eier
• 5 ml vanieljegeursel
• 50 g (50 ml) botter, gesmelt
• 150 g karamelblokkies, gehalveer
Sous
• 200 g (250 ml) bruinsuiker
• 30 g (30 ml) botter
• 500 ml kookwater
Verhit oond tot 190 °C. Smeer ’n langwerpige oondbak van sowat 27 x 20 cm met botter. Meng bruinsuiker en meel in ’n groot mengbak. Klits melk, eier, vanieljegeursel en gesmelte botter saam. Voeg vloeibare mengsel by die meelsuikermengsel en meng goed
met ’n houtlepel. Vou karamelblokkies in beslag en giet in die oondbak.
Sous Sprinkel 200 g bruinsuiker oor en stip met 30 g botter. Giet kookwater oor. Bak vir 40 – 45 minute. Sit voor met roomys. >
The post Gebakte karamelpoeding appeared first on SARIE.
Die steurgarnale smaak buitengewoon lekker saam met die pynappel.
Genoeg vir 4
• 700 g steurgarnale, skoongemaak
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 5 ml mielieblom
• 30 ml sonneblomolie
• 10 ml fyngekapte groen brandrissie
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 6 sprietuie, in lang repe gesny
• 140 g mangetout-ertjies
• 30 ml sojasous
• 1 x 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer, maar behou die sap
• 50 g geroosterde kasjoeneute
Stap 1. Plaas steurgarnale in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Voeg mielieblom by en meng goed deur. Laat staan sowat 10 minute.
Stap 2. Verhit olie in ’n groot braaipan. Braai steurgarnale sowat 5 minute. Sodra dit pienk is, weet jy dis gaar. Skep uit en hou eenkant.
Stap 3. Roerbraai brandrissie, knoffel, sprietuie, mangetout en sojasous sowat 2 minute in dieselfde pan. Voeg 15 ml pynappelsap by en braai nog 1 minuut.
Stap 4. Voeg pynappel, neute en steurgarnale by. Roerbraai so 1 minuut en sit warm voor.
The post Steurgarnaal-en-pynappel-roerbraai appeared first on SARIE.
Hierdie is nogal ’n growwe koekie. Die dikte hang af van hoe dun jy dit kan sny. Die maklikste manier is met ’n elektriese mes.
Sowat 15 koekies
• 40 g (45 ml) sagte botter
• 125 g (155 ml) suiker
• 225 g (405 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• knippie sout
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 2 eiers
• 100 g gevlokte amandels
• 50 g heel pistasieneute
Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Room botter en suiker saam tot lig en romerig in ’n elektriese menger. Voeg meel, bakpoeier, sout en skil by en meng goed tot deeg vorm. Voeg eiers een op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging. Voegneute by en meng goed. Plaas deeg op meelbestrooide oppervlak en vorm met jou hande ’n lang wors. Plaas deeg op ’n uitgevoerde bakplaat en bak 30 minute in warm oond. Haal uit en laat afkoel. Sny in skywe en plaas op uitgevoerde bakplate. Plaas terug in oond en bak 12 – 14 minute tot bros. Haal uit en laat afkoel. Sit voor met druiwe, vars vye en espresso-koffie.
The post Amandel-en-pistasieneut-biscotti appeared first on SARIE.
20 Minute
Genoeg vir 4
Sny 450g gaar beet in kwarte. Sny 3 wiele fetakaas in wiggies. Rangskik 80g bronkors op ń groot opdienbord. Breek 140g prsciutto in stukke en rangskik saam met beet en fetakaas op bronkors. Klits 100ml olyfolie, 30ml witwyn-asyn, 5ml suiker en 1 fyngekapte knoffelhuisie saam in ń mengbakkie en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. gooi slaaisous oor slaai en sit voor.
The post Beet-en-prosciuttoslaaislaai appeared first on SARIE.
20 Minute
Genoeg vir 4
Koop 1 gaar hoender by ń winkel en laat dit afkoel. Verwyder vel en vleis van die been en breek in stukke. Meng 250ml mayonnaise, 250ml Griekse-styl jogurt, 5ml borrie en 10ml kerriepoeier saam in ń mengbakkie. Geur sous met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng sous met hoender. Rangskik 40g roket op ń opdienbord en skep hoender bo-op. halveer 100g klein rosatamaties en sprinkel oor. Breek ń hand vol vars koljanderblare in stukke en sprinkel oor. Geur weer met swartpeper. Sit voor.
The post Kerriehoenderslaai appeared first on SARIE.
Genoeg vir 4
Geen gang van antipasti is volmaak sonder ń seleksie van koue vleise, kaas en olywe nie. Rangskik 100g mortadella-vleis (groot Italiaanse wors van varkvleis), 70g salami van jou eie keuse, 100g klaar gesnyde gerookte provolone-kaas, 100g ontpitte swart olywe en 100g groen olywe op ń opdienbord. sit voor saam met vars basiliekruid.
The post Koue Vleis Met Kaas en Olywe appeared first on SARIE.
Genoeg vir 4
Dreineer 2x400g-blikke cannellini-bone in ń vergiettes. Spoel goed af met koue water. Plaas bone in ń mengbak. Voeg hand vol fyngekapte pietersielie, 100ml olyfolie, sap van ½ suurlemoen en 1 fyngekapte knoffelhuisie by en meng goed deur. Geur met sout en peper. Dreineer 1x170g-blik tuna en breek in groot stukke. Meng tuna versigtig deur bone en sit voor met vars suurlemoenwiggies.
The post Bone-en-Tuna-Slaai appeared first on SARIE.
Myns insiens is g’n braai die naamwerd as daar nie ’n braaibroodjie by is nie. Jy kan ’n paar van hierdie klein pita-braaibroodjies saam in ’n groot pan braai.
GENOEG VIR 6
Sny pitabroodjies middeldeur en smeer met botter. Plaas kaas op al die oop broodjies. Plaas ’n skyf tamatie op 6 van die broodjies en geur met sout en peper. Plaas ’n skyf ui bo-op die tamatie en bedek met ander kant van broodjie. Smelt botter in pan en plaas so drie toe broodjies op ’n slag in pan. Druk broodjies plat met eierspaan en braai tot bros. Draai versigtig om en braai aan ander kant tot bros en goudbruin en tot kaas gesmelt het. Hou eenkant warm en herhaal met res. Sit warm voor.
The post Rugby-happies: Pita-braaibroodjies appeared first on SARIE.
Die groente kook in die sous van die vleis gaar.
GENOEG VIR 4 – 6
• sowat 80 ml olyfolie
• 1,2 kg ontbeende lamsboud
• sap van 1 suurlemoen
• 60 ml worcestersous
• sout en varsgemaalde swartpeper • 1 groot tak vars roosmaryn
• 6 klein patats
• 6 klein uitjies
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml witwyn
• 6 witwortels (parsnip)
• 200 g baba-worteltjies
Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel helfte van olyfolie in ’n oondbraaibak. Plaas boud in bak en sprinkel res van olyfolie oor. Gooi suurlemoensap en worcestersous oor en geur met sout en peper. Plaas roosmaryn bo-op en plaas in oond. Oondbak sowat ’n halfuur tot mooi bruin.
Sny ’n kruisie net deur die skil op elke patat. Pak patats en uitjies om die boud en voeg knoffel en wyn by. Maak bak toe met foelie en oondbak nog 1 uur. Haal uit en haal foelie af. Oondbak nog ’n halfuur. Pak witwortels en worteltjies om die boud en plaas terug in oond. Oondbak tot witwortels en worteltjies sag is.
Skep op opdienbord en sit warm voor.
The post Ontbeende lamsboud met groente appeared first on SARIE.
Dié mooi tertjies laat my aan die roos op die Engelse rugbytruie dink.
GENOEG VIR 6
1. 6 rooi appels
2. 100 g (110 ml) sagte botter
3. 100 g amandelvlokkies
4. 100 g (190 ml) versiersuiker
5. 1 x 400 g-vel blaardeeg
Sout
Verhit oond tot 180 °C. Halveer 6 rooi appels en sny pitte uit. Sny appels in baie dun skywe.
Plaas appels in groot mengbak en voeg bietjie sout by. Maak bak stewig toe met kleefplastiek en plaas vir 3 minute in mikrogolfoond. Haal uit en meng versigtig. Maak weer toe met kleefplastiek en plaas vir nog 3 minute in mikrogolf.
Haal kleefplastiek af en laat effens afkoel. Pak appels op kombuispapier om droog te word en af te koel.
Plaas 100 g botter, 100 g amandels en 100 g versiersuiker in voedselverwerker
en verpulp.
Sprinkel bietjie meel op werkvlak en plaas 1 x 400 g-vel blaardeeg bo-op. Rol deeg dunner uit in die breedte.
Sny deeg in breedte in 6 stroke. Smeer van die amandelpasta aan die een kant van elke strook.
Pak appels met skilkant na bo op amandelpasta.
Rol elke strook versigtig op.
Spuit ’n muffinpannetjie met 6 groot holtes met kleefwerende kossproei en plaas ’n tertjie in elke holte. Bak 30 – 35 minute. Haal uit oond en laat paar minute afkoel voor jy dit uit pan haal. Sif bietjie versiersuiker oor.
The post Engelse-roos-appeltertjies appeared first on SARIE.
Baie resepte skryf voor dat dié patee (hoemoes) met olyfolie gemaak word, maar dit kan dit bitter laat smaak. Ek maak dit met warm water.
GENOEG VIR 12
Bedek kekerertjies met koue water en week oornag. Plaas in pot en voeg ekstra water by tot sowat 2 cm bo ertjies. Bring tot kookpunt en kook 20 – 25 minute of tot sag en gaar.
Dreineer en plaas in voedselverwerker saam met kookwater, knoffel, tahini en pietersielie. Verpulp by hoë spoed tot glad. Geur baie goed met sout en peper. Skep in opdienbak en sprinkel olyfolie, paprika en granaatpitte oor. Sit voor.
The post Kekerertjie-patee appeared first on SARIE.
Die Bokke en die Kiwi’s pak mekaar Saterdag om te beslis wie na die finale ronde van die Rugbywêreldbeker gaan deurdring.
En die senuwees gaan beslis knaag tydens dié 80 minute. Berei vroeg reeds jou spyskaart sodat jy net op die wedstryd kan konsentreer.
VOORGEREG
Kekerertjie-patee met botter-platbrood
FOTO: Micky Hoyle
+
HOOFGEREG
Ontbeende lamsboud met groente
FOTO: Micky Hoyle
+
NAGEREG
FOTO: Micky Hoyle
The post Rugbyspyskaart vir die halfeindstryd appeared first on SARIE.
LEWER 1 X 23 CM-KAASKOEK – GENOEG VIR 8 – 10
KORS
BOLAAG
• 165 g fudge
• 125 ml room
• 300 g 70%-donkersjokolade • 80 g witsjokolade
1 KORS Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n 23 cm-losboom-koekpan met kleefwerende kossproei. Bedek die buitenste rand van die koekpan met foelie en draai dan kleefplastiek om om te keer dat die vulsel uitloop as die pan dalk lek. Plaas koekies en suiker in ’n voedselverwerker en kap tot fyn krummels vorm. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Gooi mengsel in koekpan en gebruik vingerpunte om pan daarmee uit te voer. Die mengsel hoef nie tot heeltemal bo teen die rand te kom nie. Gooi gesmelte sjokolade op bodem en smeer plat. Maak pan toe met kleefplastiek en plaas in yskas tot benodig.
2 VULSEL Plaas roomkaas, strooisuiker en meel in mengbak van ’n elektriese menger. Klits goed vir 2 minute. Skraap kante van mengbak skoon. Breek eiers een-een by en klits elke keer goed. Voeg room by en klits goed vir sowat 5 minute. Voeg geursel en karamel by en klits goed.
3 Plaas uitgevoerde koekpan op ’n bakplaat en gooi vulsel in. As al die vulsel in is en niks lek nie, verwyder die kleefplastiek voor jy dit in die oond sit (behou die foelie). Plaas in oond en bak 15 minute. Draai temperatuur af tot 120 °C. Bak nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Wanneer afgekoel, plaas in yskas – verkieslik oornag. 2
4 BOLAAG Breek fugde in stukke en plaas in ’n kastrol. Voeg room by en plaas op ’n baie lae temperatuur op ’n stoofplaat. Roer sous nou en dan tot gesmelt. Haal af van hitte en gooi in ’n bakkie. Laat heeltemal afkoel by kamertemperatuur. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas tot benodig. Breek donkersjokolade in stukke en plaas in ’n mengbak wat bo-op ’n kastrol met kookwater sal pas. Haal kastrol af van stoofplaat en plaas bak op kastrol. Laat sjokolade smelt. Skep sjokolade in rugbybal-plastiekvorms (sien bl. 12) en laat hard word by kamertemperatuur. Keer versigtig uit en plak aanmekaar met nog gesmelte sjokolade. Smelt die witsjokolade soos die donkersjokolade. Skep in ’n klein spuitsak en spuit klein strepies op balle. Haal kaaskoek versigtig uit koekpan en plaas op opdienbord. Gooi karamelsous oor en garneer met rugbyballe.
BARBARA SE WENK
Moenie bekommerd raak as die kaaskoek bo-op bars en taamlik rys nie. Dit kan veral teen die einde van die bakproses gebeur. Wanneer die koek afkoel, sal dit effens sak en die krake sal toegaan.
The post Sjokolade-en-karamelkaaskoek appeared first on SARIE.
GENOEG VIR 4 PASTEIE
Sny been uit sowat 500 g springbokvleis en sny in groot stukke. Verhit 20 ml olyfolie in ’n groot kastrol en braai 1 gekapte ui en 100 g blokkies strepie- spek so 8 minute. Voeg vleis by en braai nog 10 minute. Voeg 20 ml bruin asyn, sout en varsgemaalde swartpeper, 1 lourier- blaar en 250 ml water by.
Maak kastrol toe met deksel en laat so 4 uur stadig prut. Maak vleis los met vurk en laat afkoel. Verhit oond tot 180 °C. Spuit 4 holtes van groot muffinpan met kleef- werende kossproei.
Voer uit met 1 x 400 g-vel blaardeeg. Skep vulsel in en sny 4 doppies uit nog ’n vel blaardeeg. Plaas op vulsel en verf met 1 geklitste eier. Sny ’n springbokkop uit res van deeg en plaas bo-op. Verf met geklitste eier en bak 30 – 35 minute.
The post Springbokwildspastei appeared first on SARIE.
Die Bokke teen Argentinië en die Aussies teen die Kiwi’s – dit gaan ’n naweek van goeie rugby wees!
Hier is ’n spyskaart vir saam met die opwinding.
VOORGEREG
Lamsribbetjies met koljander en bruin asyn
FOTO: Donna Lewis
+
HOOFGEREG
Springbokwildspastei
Springbokwildspastei (links)
FOTO: Micky Hoyle
+
NAGEREG
Sjokolade-en-karamelkaaskoek
FOTO: Micky Hoyle
The post Rugbyspyskaart vir die naweek appeared first on SARIE.
Heerlik vir jou naweek tuisgebak!
Jy kan doughnut-pannetjies by die meeste kombuis- of dekorwinkels koop. Die doughnuts word nie in olie gebraai nie. Dit word in die oond gebak en is glad nie so vetterig nie.
• 100 g sjokoladesplinters
• 500 g gerysde winkelbrooddeeg
• 100 g (120 ml) strooisuiker
• 100 ml water
• 125 g (150 ml) strooisuiker
• 150 g melksjokolade
• 100 g amandelvlokkies
Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n kleefvrye doughnut-oondpan met kleefwerende kossproei. Voeg sjokoladesplinters by deeg en knie goed in. Verdeel deeg in 12 stukke. Rol elke stuk in ’n lang wors en vorm ’n sirkel. Plaas sirkel in doughnut-pan en laat rys nog sowat 15 minute. Plaas in oond en bak 20 minute. Gooi die 100 g strooisuiker en water in kastrol en bring tot kookpunt. Laat kook 2 minute. Haal doughnuts uit oond en keer versigtig
uit.
Doop in stroop en rol in die 125 g strooisuiker. Laat afkoel op afdroograk. Smelt sjokolade in bak wat op ’n kastrol met kookwater pas. Doop bokant van doughnuts in gesmelte sjokolade. Plaas amandels in kleefwerende pan en plaas op stoofplaat. Braai tot goudbruin. Sprinkel amandels op gesmelte sjokolade.
The post Winkeldeeg-doughnuts appeared first on SARIE.
Maak die gereg al die dag voor die tyd, bedek dit met kleefplastiek en hou dit in die yskas. Al wat oorbly om te doen, is om dit in die oond te plaas. Onthou net om die kleefplastiek af te haal.
Genoeg vir 6
Pasta en vulsel
• 500 g groot pastaskulpe
• 300 g baba-spinasie
• 20 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 200 g fetakaas, gekrummel
• 600 g ricotta-kaas
• sout en varsgemaalde swartpeper
Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer en hou eenkant. Gooi kookwater op spinasie en laat week tot sag. Dreineer in vergiettes en laat koud word. Druk alle oortollige water met hande uit. Kap fyn. Verhit olie in ’n pan en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai sowat 5 minute. Haal van hitte af en gooi spinasiemengsel in ’n voedselverwerker. Voeg feta- en ricotta- kaas by. Verpulp tot glad. Geur die vulsel met sout en peper. Hou eenkant terwyl jy die sous maak.
Sous
• 15 ml olyfolie
• 500 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 750 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper garnering
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• hand vol vars basiliekruidblare
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n pan. Gooi spek in en braai tot net bros. Voeg ui en knoffel by en braai tot ui sag en deurskynend is. Voeg room by en laat prut oop tot room verdik het. Geur met sout en peper. Gooi sous in oondbak – as jy twee bakke gebruik, verdeel sous tussen die bakke. Vul nou die pastaskulpe. Die maklikste is om die spinasievulsel in ’n spuitsak te skep en in elke skulp te spuit. Pak gevulde skulpe in een laag bo-op die sous. Sprinkel ’n bietjie parmesaankaas oor en hou die res om saam met gereg voor te sit. Sprinkel basiliekruidblare bo-op en plaas in oond. Bak sowat 30 minute en sit warm voor saam met knoffelbrood.
The post Driekaas-pastaskulpe met spek-roomsous appeared first on SARIE.