Vandag is Wêreld-Oseanedag. ’n Dag wat ons nie net herinner aan die wondere van die see nie, maar ook hoe die mensdom die see beter moet oppas. ’n Onlangse studie het bevind dat daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see gaan wees, berig Al Jazeera.
Die totale waarde van verlore skatte in die see is glo $60 miljard (sowat R893 miljard), berig Popular Mechanics. En volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) is daar meer as 3 miljoen skeepswrakke in die see.
Aan die Suid-Afrikaanse kuslyn lê daar glo meer as 3 000 skeepswrakke. Maar die wet op nasionale erfenishulpbronne van 1999 verhoed duikers om by wrakke ouer as 60 jaar te duik.
Dis nie al skatte wat die see huisves nie. Seekos is glo ’n skat vir jou gesondheid. Die meeste van ons eet seewier wanneer ons smul aan stukkies sushi. Maar die bekende sjef Jamie Oliver sê hy het 13 kg verloor deur daagliks seegras te eet, berig Daily Mail. Victoria Beckham is ook ’n aanhanger van seegras.
5 redes waarom seegras goed is vir jou
1. Seegras is laag in koolhidrate en vol minerale.
2. Dis baie goed vir jou vel – dit help jou liggaam om van gifstowwe ontslae te raak.
3. Dis ryk aan vesel.
4. Bevat baie yster en vitamien C.
5. Dis baie gesond vir jou hart en kan ook help om jou bloeddruk te reguleer.
Bron: Webmd
See vir jou vel
Die hart van die elke La Mer-produk is Miracle Broth. Om dit te skep word seegras met bestanddele soos sitrus- en bloekomolie en vitamiene gemeng. Die seegras word aan die Kanadese kus met die hand geoes. Net die boonste blare word gepluk sodat die ekostelsel nie versteur word nie.
Dit word dan op ys vervoer na laboratoriums, waar dit saam met die ander bestanddele deur ’n biofermentasieproses van drie tot vier maande gaan. Tydens dié proses word dit aan klank- en lig-energie blootgestel om die mengsel se voordele vir jou vel te verhoog.
Die vervaardigers van die velsorgreeks het hulle daartoe verbind om die oseane se natuurlike habitat te beskerm. Lees meer oor hul betrokkenheid hier.
Lees nou
Afbeen-avonturier Lewis Pugh Rusland toe
Só toer krieketkaptein AB met klein AB
The post Skatte van die see appeared first on SARIE.